SA Kids Junior Gholftoernooi. Curro Langebaan is baie trots op hul gholfspelers! Hierdie leerders spandeer ure op die gholfbaan en pluk reeds die vrugte van hul harde werk. Lian Jansen van Rensburg het hierdie jaar aan die SA Kids Junior Ope Gholftoernooi deelgeneem.
Hy het skitterend gespeel en ‘n algehele tweede plek verower in sy ouderdomsgroep (7- 8jaar) vir die 2023 seisoen. Die prysuitdeling het die afgelope naweek in Boschenmeer plaasgevind. Welgedaan Lian.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf