Merensky Krieketweek. Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein, het Hoërskool Brandwag, Benoni, gepak in ‘n wedstryd tydens die Merensky Krieketweek.
Brandwag wen die loot en besluit om te boul op ‘n moeilike blad. Fichies laat nie op hulle wag nie en die openingskolwers staan die klam blad deur vir die eerste 10 beurte. Fichies teken 368/9 aan en kolf die 50 beurte deur.
Daarna beperk Fichies Brandwag vir slegs 27 lopies.
Hoërskool Fichardtpark vennootskappe:
- Eben Botha en Zayne Williamson – 85
- Marno Smith en Diederik de Vos – 53
𝗞𝗼𝗹𝘄𝗲𝗿𝘀:
- Zayne Williamson – 96 van (74)
- Eben Botha – 43 van (37)
- Marno Smith – 35 van (35)
𝗕𝗼𝘂𝗹𝗲𝗿𝘀:
- Eben Botha – 7 paaltjies vir 15 lopies.
- Danïel Badenhorst – 3 paaltjies vir 9 lopies.
Fichies wen Brandwag met 341 lopies.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrocksa.co.za
Foto’s verskaf









