Mental Health. Rocco van Rooyen is a South African athlete specialising in javelin throw. He competed at the 2015 World Championships in Beijing. He also competed in the men’s javelin throw at the 2020 Summer Olympics. His personal best in the event is 85.39 metres set in Cape Town in 2015. Rocco van Rooyen is also a contestant from Survivor South Africa: Island of Secrets.
Vandag was die voorreg Augsburg Landbougimnasium s’n om die stem van hierdie pragtige jongman te hoor. Rocco van Rooyen is die ambassadeur vir #chooselife. Hierdie organisasie spits hulle daarop toe om die geestesgesondheid/ mental health van jongmense te verbeter.
Rocco, Pieter Smith (pastorale berader) en Gina Little (psigiatriese suster) besoek skole om kinders bewus te maak van hulle stem. Dit is ‘n stem wat gehoor moet word. Deur hulle motiveringspraatjies motiveer hulle kinders om hulp te vra. Hulle moet ook vir mekaar omgee en luister na ander wat hulp nodig het.
Rocco het sy lewensverhaal met die leerders en ouers gedeel. Sy Christenskap is vir hom baie belangrik. Hy lewe dit elke dag ten volle uit.
Baie dankie, Rocco. Jou lewe is vir almal ‘n voorbeeld van ‘n stem wat vir seker gehoor moet word!
Baie dankie aan Zelda Louw (ouer en lid van die beheerliggaam). Zelda het hierdie geleentheid vir Augsburg Landbougimnasium moontlik gemaak het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf