)

Mej Oranje 2023 – Wenner bekend gemaak

Mej Oranje 2023. ’n Onvergeetlike ervaring, maar ook een van die mees spannende geleenthede wat tot dusver oor haar pad gekom het.

Só beskryf Xanthé de Sa, kroondraer, haar ervaring van Mej. Oranje 2023. Want om op die ML Spiessaal se verhoog sonder ’n pampoenrok en uitgetrapte skoolskoene te verskyn is nou vir jou ’n perd van ’n ander kleur. Daar is die oorweldigende vrees dat jy jou ellelange rok sal vastrap, pens en pootjies neerslaan en die gehoor op hul tande moet byt om nie uit te bars van die lag nie.

Xanthé is ook Mej. Fotogenies. Karla Victor is as eerste prinses aangewys en Elné Lourens as tweede prinses. Miané Smit is Mej. Persoonlikheid.

Die organiseerders het besluit slegs gr. 12’s kan van vanjaar af vir die kompetisie benoem word.

Xanthé sê sy het groot kalmte en opwinding ervaar. Die laataande se oefening en onderhoude met die beoordelaars was op die einde die moeite werd. Volgens haar was die hoogtepunt toe al haar vriende en familie ná haar kroning met drukkies en opregte opgewondenheid bestorm het.

Geleer uit kroningsproses

Xanthé het uit die kroningsproses geleer om nederig te bly en dat die kroon nie swaar op haar kop gaan lê nie. Nie net het sy geleer dans nie, maar ook baie van haarself en haar medefinaliste geleer.

Mej. Oranje 2023 is ’n besige bytjie. Sy het reeds ’n hele paar projekte in gedagte wat sy vanjaar in die gemeenskap gaan aanpak om die beeld van Mej. Oranje waardig uit te dra.

Daardeur wil sy ook haar mede-Oranje-leerders inspireer om net hulself te wees. “My raad aan toekomstige finaliste is om die geleentheid met oorgawe aan te gryp en steeds net jou unieke self te bly en om nie te verander om in te pas nie.”

Deur Amoré van Tonder (Vooruit-redaksie)

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal