)

MC groet OMS-tennis – Sekondêre Meisieskool Oranje

MC groet OMS-tennis. Ná ’n bietjie meer as 2 jaar as afrigter waarin Oranje se tennis ongekende sukses bereik het, het MC Olivier die afgelope naweek halt geroep. Hy gaan hom voltyds op boerdery toespits.

MC kon op ’n groot hoogtepunt klaarmaak met die 1ste span wat die Absolute Menlo-toernooi op uiters oortuigende wyse gewen het. Met die sege van 13-0 oor Bloemhof in die eindstryd kon die nederlaag van ’n week gelede by die Bloemhof-inter omgekeer word.

Volgens Donna le Roux, Oranje se nr. 1-speler wat al bykans 10 jaar deur MC afgerig word, het die span die naweek vir hom gespeel.

“MC het baie waarde tot die span gevoeg. Hy het ons baie geleer en hy los ons met ’n goeie basis om van af te werk, al is hy nie meer daar nie,” het sy gesê.

Hoofafrigter

MC het in Mei 2022 Oranje se hoofafrigter geword. Onder hom het die 1ste span 66 uit 69 wedstryde gewen vir ’n wenpersentasie van 96%.

Die span het 9 uit 10 nasionale toernooie gewen en het tussen 28 Augustus 2022 en 15 Augustus 2024 nie ’n enkele wedstryd verloor nie.

MC was sedert 2009 direkteur van die Amanda Coetzer-toernooi voor hy die afrigter geword het. Daar is by dié toernooi van hom afskeid geneem. Hier het in ’n toespraak sy Hemelse Vader, sy gesin, die spelers, hul ouers, sy medeafrigters en die OMS-personeel bedank.

“Aan die ouers, dankie vir julle vertroue en ondersteuning om in julle dogters te belê. Ek belowe ek het dit tot die beste van my vermoë gedoen.

Dis nie ’n ‘one man show’ nie

“Dis nie ’n ‘one man show’ nie, so dankie aan my medeafrigters. Jy moet ’n span so sterk probeer bou dat niemand weet wie die leier is nie. Ek dink ons het dit reggekry.

“Aan die spelers, dankie vir die voorreg om julle te ‘coach’ en ’n pad met julle te stap. Ek gaan na julle verlang, maar julle gaan okei wees.”

MC het sy boodskap geëindig met: “Jou waarde word nie bepaal deur of jy ’n tenniswedstryd gewen of hoe goed jy tennis speel nie. Dit definieer nie wie jy is nie.”

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal