Matriekuitslae 2022. Dit is nie net in die Vrystaat wat Hoër Meisieskool Oranje een van Suid-Afrika se top skole is nie. Dit is ook nasionaal, veral onder Afrikaanse skole, wat Oranje se matriekuitslae 2022 onder die voorstes tel.
Mev. Anne-Marie Klink (skoolhoof) het onlangs ’n paar eretoekennings van die Skoleondersteuningsentrum ontvang. Hulle stel jaarliks ’n omvattende verslag oor die uitslae saam.
Oranje is aangewys as die beste Afrikaanse skool in die Vrystaat. Skole wat Afrikaans Huistaal aanbied, word as ‘n Afrikaanse skool beskou.
Oranje het nasionaal as volg presteer met die Matriekuitslae 2022:
- 14de Onder Afrikaanse skole met die meeste onderskeidings per leerder (288 vakonderskeidings deur 140 leerders).
- 13de Onder skole met die meeste onderskeidings per leerder in Afrikaans Huistaal.
- 16de Onder skole met die meeste onderskeidings (26) in Afrikaans Huistaal. Net drie skole in die top 20 het minder matrieks as Oranje gehad.
- 20ste Onder skole wat Engels Eerste Addisionele Taal aanbied vir die meeste onderskeidings per leerder in dié vak.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf