)

Matrieks 2021 – Helpmekaar Kollege 205 matrieks 707 vakonderskeidings

Matrieks 2021. Die Helpie-harte is vól van akademie, maar vanoggend ook vol trots en dankbaarheid vir puik matriekuitslae. Welgedaan, klas van 2021!

Die tweeling, Christiaan Botes en Carla Botes, is 2021 Helpmekaar Kollege se toppresteerders in die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se matriekeksamen. Christiaan is ‘n leerder met die meeste A-simbole in die geskiedenis van die skool – ‘n volle veertien! Carla is net ‘n kortkop agter hom met tien onderskeidings.

Wat die hart van vol is loop die A’s van oor. In ‘n skool met 27 vakke, 26 sportsoorte en vele kultuurbedrywighede, moet daar planne in plek wees om te verseker dat elke leerder se volle potensiaal uiteindelik op sy matrieksertifikaat weerspieël word. Helpmekaar het in 2021 gereeld herbesin, daagliks planne in plek gehad en deurentyd hul akademie geprioritiseer. Die leergierigheid van die leerders, die ondersteuning van die ouers en die topgehalte onderrig van die personeel, is uiteindelik die dryf agter die besondere matriekuitslae van die klas van 2021.

Helpies se 205 matrieks het 100% universiteitstoelating, 201 kan graadstudies voltooi en 4 kam ‘n diploma verwerf.

Een leerder, Christiaan Botes spog met veertien A’s

Een leerder, Carla Botes, het tien A’s

Vyf leerders, Charlie de Kock, Johan Gouws, Luan Hasselman, Gerhard le Roux, Tineke Swanepoel, het nege A’s

Twaalf leerders het agt A’s

Twaalf leerders het 7 A’s

Twintig leerders het 6 A’s

Twee-en-twintig leerders het 5 A’s

Die graad se gemiddeld is 76%! Altesaam het hierdie 205 matrieks 707 vakonderskeidings ingesamel – 3.6 per leerder – WOW! KOMAAN!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

http://www.leeuwenhof.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal