Matrieks 2021 Boodskappe. Courtney Wicomb se ouers, het hierdie besondere boodskap aan haar gerig om dit saam met haar die toekoms in te neem. Courtney is in matriek by Hoërskool Oudtshoorn.
“My wens vir jou is:
Liefde in jou hart, selfvertroue om jou deur te dra, drome om jou te motiveer, goedheid om aan ander te betoon en geloof in jouself. Ek weet die Heer het planne vir jou lewe ver bo ons drome vir jou en soos jy hulle sal verwesenlik, sal die vreugde wat jy voel myne en jou pa s’n ook wees.
Ek wens vir jou die krag toe om uitdagings met vertroue aan te vat. Ek wens vir jou goeie avonture op jou reis deur die lewe en dat jy altyd gewillig sal wees om te stop om iemand langs die pad te help. Laastens dat jy altyd na jou hart sal luister en risiko’s versigtig oordink.
Onthou altyd hoe geliefd jy is.
Mammie.”
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za