)

Boodskappe Matrieks 2021 – Zoe Koert Hoërskool Oudtshoorn

Boodskappe Matrieks 2021. Zoe Koert se moeder, Berenice, het hierdie besondere boodskap aan haar gerig om dit saam met haar die toekoms in te neem. Zoe is in matriek by Hoërskool Oudtshoorn.

“Beste Zoe, Daar is nog net ‘n paar dae oor van jou matriekjaar by Struisies! Jy het uit ‘n heel ander omgewing en skool gekom en by Struisies aangesluit begin van 2021.  Alles was vir jou vreemd. ‘n Nuwe dorp, ‘n nuwe skool, nuwe vriende en onderwysers! Maar afgesien van dit alles, het jy die beste daarvan gemaak. Jy was in beheer van jou situasie en jy het nie toegelaat dat dit jou teruggehou het om jou jaar by Struisies te voltooi nie.

Mum het jou dopgehou en gesien hoe jy gegroei het – fisies en geestelik. Ek’s so trots op jou, my kind. As jy ‘n sukses van hierdie jaar met al sy uitdagings kon maak, dan gaan ek my nie eens bekommer oor jou universiteitsjare nie. Ek weet en is vol selfvertroue  dat jy dit wat jy by Struisies geleer het, gaan gebruik om jou universiteitsjare suksesvol af te lê. Mum bars van trots!!!  Onthou altyd die belangrikste – God moet altyd eerste wees in wat jy doen. Baie baie dankie aan die personeel en koshuis wat so goed na my kind gekyk het en uit hul pad uit gegaan het om Zoe se jaar vir haar so aangenaam moontlik  te maak. 

Ek wens jou geluk, wysheid en nederigheid toe, op jou pad na volwassenheid.

Mum is super trots op jou!! “

Foto verskaf

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oudtshoornhighschool.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal