SA SAALPERD NASIONALE KAMPIOENSKAPPE vanaf 25 – 30 April 2016.

Marlé is op die SA Saalperd Telersdinee- en Prysuitdeling aangewys as die RUITERKUNS RUITER VAN DIE JAAR 3 de PLEK vir 2015. Die prysuitdeling word jaarliks by die Nasionale kampioenskappe gehou vir die vorige jaar se prestasies.  Dit is ‘n groot prestasie dat sy met net een 3 gang perd en enkele skoue se deelname, al vir twee jaar in die TOP 3 ruiterkuns ruiters is.

FOTO HEEL BO:  Marlé, haar afrigter Martin Pienaar en die borg Dr Ockert Botha van VetsBrands.

Sy het dan ook deelgeneem aan die KAMPIOEN VAN KAMPIOENE wat oor drie dae gekeur word en vir die tweede keer Saterdag 30 April 2016 die titel van SA KAMPIOEN VAN KAMPIOENE  3 Gang RUITERKUNS ingepalm voor ‘n stampvol Bloemfontein- stadion. Dit is die grootste eer wat ‘n ruiterkuns ruiter te beurt kan val. Sy is die eerste Noord-Kaap ruiter wat nog ooit hierdie titel gewen het.  Sy het in 2013 ‘n 5de plek behaal, in 2014 op 15 jr was sy die Kampioen en verlede jaar met gelyke punte met die wenner, die Reserwe Kampioen en nou weer die Kampioen.

FOTO ONDER:  Marlé in die pronkrondte as wenner van die PTA (Professional Trainers Association) se SA Kampioen van Kampioene 3 Gang Ruiterkuns.

MARLE HOFT UPPIES RUITERKUNS

Sy is ook die KAMPIOEN van die 3 Gang  Ruiterkuns 18 jaar en onder, van Vrydag 29 April 2016 .

FOTO ONDER:  Marlé en haar Saalperd Fever Pitch – hulle skou al vir 8 jaar saam, met verskeie Nasionale Titels.

MARLE HOFT UPPIES MET HAAR PERD FEVER PITCH

Die senior Protea Ruiterkunsspan neem tydens die vakansie van 4-9 Julie deel aan die wêreldbeker kompetisie in Stellenbosch.

Sterkte, Marlé!

Become a Sponsor