Marilie Moolman Tennistoernooi. Hoër Landbouskool Marlow, Cradock, doen baie goed in vanjaar se Marilie Moolman Tennistoernooi wat in Cradock aangebied word. ‘n Rekord sestien spanne word vanjaar geakkommodeer.
Groot skole soos Hoërskool Menlo Park, Grey PE en Hoërskool Stellenberg is maar net ‘n paar wat deelneemm aan vanjaar se toernooi. HLM het hulself Saterdag, 20 Augustus teen Diamantveld in die halfeindstrydbevind. Dit is na hul kwarteindstryd oorwinning teen Grey PE. Dié oorwinning beteken dat Marlow nie laer as vierde uit sestien spanne kan eindig nie.
Hoër Landbouskool Marlow is baie trots op die Ramme.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf