Manshokkie. Theuns Theunissen, Oud-leerder van Hoërskool Upington, presteer geweldig goed in hokkie. Hy is tans ‘n tweede jaar student aan die Noord-Wes Universiteit van Potchefstroom.
Theuns speel tans vir Pukke se eerste hokkie span. Hy is ook gekies vir die Noord-Wes o/21 mansgroep wat vanaf 21 tot 24 April gaan deelneem in Gqeberha. Theuns is ook verlede jaar verkies tot die Noord-Wes senior manshokkie-span wat vir ‘n oefengroep gekies was om teen die Protea manshokkie span te speel vir voorbereiding vir die Olimpiese Spele. Theuns rig ook Bellatrix Dames koshuis se eerstejaars-hokkiespan af wat die koshuisliga beker gewen het.
Baie geluk, Theuns. Uppies is baie trots op jou!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za