)

Mahlatsi-leerders kry blootstelling in Hoërskool Nelspruit-laboratorium

Hoërskool Nelspruit het onlangs sy laboratorium vir Mahlatsi Secondary School se gr.12’s oopgemaak om hul Fisiese Wetenskap-teorie in die praktyk te toets. Bykans 30 leerders wat Fisiese Wetenskap as vak het, het Saterdag,1 September vir drie ure ekstra onderrig by NHS ontvang wat hoofsaaklik uit eksperimente wat deel is van die kurrikulum bestaan het.

Dit het ingesluit organiese chemie (bereiding van esters), sowel as sure en basisse (bereiding van ‘n standaardoplossing en titrasie).

Mahlatsi werk tans hard om hul punte te verbeter, maar is sonder die nodige apparaat en chemikalieë vir eksperimente. Die leerders het reeds die onderwerpe teoreties behandel en kon dus by die praktiese ondervinding baat deur blootstelling aan ‘n laboratorium te kry en die werk in te skerp.

Volgens mnr. Willie van der Merwe, Fisiese Wetenskap-onderwyser by NHS, was dit ‘n sinvolle oefening. “Die leerders was in verwondering om eerstehands die eksperimente te kon sien en self te doen. Die teorie word werklikheid in die prakties,” sê hy.

NHS werk oor die jare hard aan fasiliteite, kwaliteit van onderrig en die skep van ‘n leerkultuur. “Die Nellies het dus baie kennis en ondervinding wat met ander skole gedeel kan word. NHS is nie ‘n skool wat op sy eie kan of wil funksioneer nie, maar is ‘n skool in die gemeenskap en vir die gemeenskap.

Daarom reik ons ook uit na ander skole in die gemeenskap om kennis te deel in belang van onderwys en tot voordeel van leerders. Taal stuit ons nie om uit te reik na leerders in nood nie.

So maak NHS ook ‘n verskil in die groter onderwys en Suid-Afrika in die breë,” sê mnr. van der Merwe.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal