Heart Health

Maak my ‘n Miljoenêr – Hoërskool Witteberg

Maak my ‘n Miljoenêr. Op Woensdag, 20 November, het die spanningsvolle finale episode van die reeks ‘Maak my ‘n Miljoenêr’ die land meegesleur.
Tydens die statige Gala-aand by die Atterbury Teater in Lynwood is die Top 20 finaliste, sowel as vriende, familie en eregaste, opgewonde ontvang. Die aand was gevul met entrepreneurs wat die Top 20 ondersteun. Hulle wou ook sien wat die vier kon vermag in die jaar se ‘Maak my ‘n Miljoenêr’ entrepreneur.

Bewusmaking van entrepreneurskap onder die jeug

Die “Maak My ‘n Miljoenêr“ Entrepreneur van die Jaar kompetisie, word ook op ViaTV uitgesaai, Dit is ‘n landswye hoërskool entrepreneur kompetisie, gestig deur Albert van Wyk. Die kompetisie het ‘n tweeledige doel:
• Bewusmaking van entrepreneurskap onder die jeug van Suid Afrika
• Om jong hoërskool entrepreneurs te vind en te bemagtig met entrepreneur vaardighede. Daarna word hulle gementor om hierdie hoërskool leerders miljoenêrs te maak.

Die kompetisie, het begin met ‘n indrukwekkende sestig skoolbesoeke regoor Suid-Afrika. 65 000 Hoërskool leerders en 125 entrepreneur inskrywings is ontvang. Na ‘n deeglike seleksieproses is die mees vaardige en innoverende besigheidsmanne en -dames na vore gebring. Die Top 20 het die Brandbank se elimineringsrondte en verdere uitdagings tydens die kompetisie oorleef. Hulle kon by die Gala aand op die verhoog staan.

Jeug bemagtig om entrepreneurs te word

Die kompetisie se doel is om entrepreneurs te bemagtig en te bemoedig. Dit is presies wat gebeur het hierdie jaar met die entrepreneurs van die ‘Maak My ‘n Miljoenêr’ kompetisie. Dit kan bewys word deur die Top 20 se totale omset van R 2 933 367,53. Die totale wins was R1 170 438,03 oor die agt maande se mentorskap program saam met Albert van Wyk, Matthew Blauw (2022 wenner) en Shaniqua Steenkamp (2023 wenner). Hierdie resultate is bewys dat die kompetisie die jeug bemagtig om entrepreneurs te word. Hierdie jongelinge kan Suid-Afrika se ekonomie versterk en dryf.

Mariney Grobler van Hoërskool Witteberg in Bethlehem het op die einde van die aand algemeen 4de geëindig. Hoërskool Witteberg, en die hele Hoërskool Witteberg-gemeenskap, is baie trots op Mariney se prestasie. “Ons glo dat hierdie slegs die begin is van ‘n opwindende pad vol sukses en groot drome in haar toekoms as entrepreneur.”

“Sy is ‘n inspirasie vir jong entrepreneurs regoor die land. Haar pad na miljoenêr status is uitgelê. Ons sien uit na die ongelooflike hoogtes wat sy in haar loopbaan gaan bereik.”

Die deelnemers

Meer skolenuus: https://www.schoolsthatrock.co.za/

https://witteberghs.co.za/

Foto’s verskaf


Sponsored By

Related Posts

Mnr en Mej Lantie 2025 – Landboudal Boere

Mnr en Mej Lantie 2025 – Op ‘n onlange spoggeleenthied het leerders van Landboudal Boere, Jacobsdal deelgeneem aan die Mnr en Mej Lantie 2025 kompetisie. Die beoordelaars het ‘n moeilike…

Karate KZN team – Creston College student receives gold

Karate KZN team. Sarah Sahli, student from Creston College Oslo Beach, KwaZulu Natal, proudly represented the Karate KZN team at the KSA Children, Cadets, and Junior National Championship 2025. Sarah…

Leave a Reply

You Missed

Mnr en Mej Lantie 2025 – Landboudal Boere

Mnr en Mej Lantie 2025 – Landboudal Boere
Karate KZN team – Creston College student receives gold

Schools Hockey – Kearsney College vs Hilton College

Schools Hockey – Kearsney College vs Hilton College

Hoër Meisieskool Paarl Toernooi – Hoërskool Sentraal Netbal

Hoër Meisieskool Paarl Toernooi – Hoërskool Sentraal Netbal
Schools Rugby – Kearsney College vs Hilton

Royal Academy of Dance – Creston College learner excels

Royal Academy of Dance – Creston College learner excels