Lofeendjie VCSV-dag. Op Vrydag, 3 Februarie, het Primêre Meisieskool Oranje se Lofeendjie VCSV-dag plaasgevind.
Hierdie dag was gevul met speletjies, lofprysing, les-aanbiedings en groepie-tyd. Die leerders het meer oor Jesus se hart vir ons, as Sy kinders, geleer.
Die tema vir die dag was die Evangelie van die drie varkies. Dit het op die skrifgedeelte van Matteus 7:24 tot 27 gefokus. Dit leer ons om ons huise op die rots te bou; wat God se liefde vir ons elkeen is. Daar gaan altyd storms oor ons pad kom en as ons gevestig is in die Here sal die storms van die lewe ons nie platslaan nie. Dit sal ons help om vas te staan in dit wat God van ons dink en hoe Hy ons as Sy kinders sien. Hy sal ons nooit alleen los nie!
Lofeendjie VCSV Day. On Friday, 3 February, Oranje Primary Girls’ School’s Low-key UCSA Day took place. This day was filled with games, praise, lesson presentations, and groupie time. The learners also learned more about Jesus’ heart for us as His children.
The theme for the day was the Gospel of the three piglets. It focused on the passage from Matthew 7:24 to 27. It teaches us to build our houses on the rock, which is also God’s love for each of us. Storms are always going to come our way, and if we’re settled in the Lord, the storms of life won’t knock us down. It will also help us to stand firm in what God thinks of us and how He sees us as His children. He will never leave us alone!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf