)

Liggies vereer vir harde werk tydens prysuitdelingsfunksie

Die leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, is op Donderdagaand, 18 Oktober, tydens die jaarlikse prysuitdelingsfunksie vereer vir hulle harde werk en getroue toewyding die afgelope jaar.

Die prysuitdelingsfunksie is een van die top-geleenthede op die Liggie-kalender en hierdie funksie word as ‘n prestige geleentheid bestempel. Baie geluk aan elke Liggie wat ‘n toekenning ontvang het. Die prysuitdeling is ‘n wonderlike voorbeeld en bewys van die harde werk wat julle jaarliks op Akademiese-, Sport- en kulturele gebied insit. Ligbron is met reg trots op julle.

Die Liggies bedank ook graag vir TWK Agri wat as hoofborg opgetree het, sowel as elke ander borg wat die aand moontlik gemaak het.

Foto heel bo: Nabiha Seedat (graad 12) is aangewys as die 2018 Dux Leerling met ‘n gemiddeld van 89.9%

Marius Ferreira ontvang die Ligbron Ambassadeurstrofee vir 2018. Hierdie trofee word toegeken aan die leerder wat die grootste bydra gelewer het op alle vlakke van akademie, sport, kultuur en leierskap gedurende hulle skoolloopbaan. Hierdie is ook die hooftoekenning van die aand.

 

 

 

 

 

Die hoofseun en hoofdogter (Francois Greyvensteyn en Mandisa Motha) het elk ‘n leiers-trofee ontvang vir hulle groot bydrae tot die skool as die hoofleiers van 2018.

 

 

 

 

 

 

Die volgende leerders is aangewys as die junior en senior Victor en Victrix Ludorms vir 2018. (V.l.n.r.): Alec Duncan (senior Victor), Sias Jacobs (junior Victor), Carla Niebuhr (junior Victrix) en Megan Herbst (senior Victrix).

 

 

 

Nicola Bruwer en Hanco Bakker is aangewys as vanjaar se sportseun- en -dogter van die jaar.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal