)

Liggies sorg vir groot pret tydens jaarlikse Interhuisbyeenkoms

Die Victor en Victrix Ludorums vir die dag saam (v.l.n.r.): Kwanele Nkambule (Senior Victor Ludorum), Carla Niebuhr (Senior Victrix Ludorum), Elizmari Greyling (Junior Victrix Ludorum) en Anele Ngwenya (Junior Victor Ludorum).

Die leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het op Dinsdagoggend, 21 Januarie, by die atletiekbaan bymekaar gekom vir ‘n dag propvol opwinding en pragtige atletiek.  Die leerders was in vier groepe verdeel nl die Koedoes- blouspan, Springbokke- swartspan, gemsbokke- geelspan en die rooibokke- rooispan.  Die spanne het teen mekaar gekompeteer vir die geesbeker, sowel as die atletiekbeker. Die leerders het die dag terdeë genie ten atletiek en goeie gees het beslis geseëvier.  Die koedoes het die atletiekbeker aan die einde van die dag gewen en die springbokke het met die geesbeker weggestap.  Die volgende atlete was aangewys as die beste atlete in hulle onderskeie afdelings en het elkeen ook ‘n trofeë ontvang: beste junior seun veldatleet- Anele Ngwenya; beste junior dogter veldatleet- Senhlanhla Khumalo; beste senior seun veldatleet- Sias Jacobs; beste senior dogter veldatleet- Carla Niebuhr; beste junior seun baanatleet- Lindo Maseko; beste junior dogter baanatleet- Brenda Kirsten; beste senior seun baanatleet- Kwanele Nkambule en die beste senior dogter baanatleet- Zené Jonker.  Die Victor en Victrix Ludorums vir die dag was as volg: Elizmari Greyling (Junior Victrix Ludorum), Anele Ngwenya (Junior Victor Ludorum), Carla Niebuhr (Senior Victrix Ludorum) en Kwanele Nkambule (Senior Victor Ludorum).  Die dag was ‘n groot sukses en die atlete bedank die afrigters en onderwysers wat die dag moontlik gemaak het.

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal