V,l.n.r: Nicole Struwig  Zené Jonker en Kwanele Nkambule
Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het op Saterdag, 25 Januarie, die tweede Dup van Rensburg Uitnodigingsbyeenkoms op Ligbron se gronde aangebied. Die dag was ‘n reuse sukses  met verskeie rekords wat verbeter is met die Liggies wat besondere goeie prestasies opgelewer het. Die deelnemende skole was Ligbron, Hoërskool Lydenburg, Pongola Akademie en Hoërskool Delmas. Die dag het in ‘n baie goeie gees plaasgevind en al die deelnemende atlete het vir goeie kompeterende atletiek gesorg. Die volgende Liggies het ná afloop van die dag trofeë ontvang vir hulle uitstekende prestasie:
Nicole Struwig- beste junior veldatleet
Zené Jonker- beste senior baanatleet
Kwanele Nkambule- beste senior baanatleet en senior victor ludorum.
Die Liggies is ook as die wenspan vir die dag aangewys.