)

Liggies maak skoonskip by Aflosbyeenkoms

Die aflos-spanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het op Woensdag, 6 Februarie aan ‘n Aflosbyeenkoms deelgeneem wat by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier aangebied was. Verskeie hoërskole en laerskole se aflos-spanne het aan hierdie byeenkoms deelgeneem.

Die volgende Hoërskole het die dag bygewoon: Ligbron, Hoërskool Rob Ferreira, Penryn College, Hoërskool Sybrand van Niekerk, Lowveld High, Hoërskool Lydenburg en Hoërskool Barberton.

Die Liggies het die volgende prestasies opgelewer: Zané Jonker en Jandri Coetzee het die record van die 2x200m o/17 dogters met 2 sekondes verbeter, alhoewel hulle in die tweede plek behaal het. Zané het ook haar 100m lopie gewen.

Wijeon Mostert en Thomas Labuschagne het albei ‘n 2de plek verower in hulle100m lopies. Kwanele Nkambule, Martin Meyer, Monteo Meyer en Lutando Mndebele (o/16) het ‘n 2de in hulle aflos-item behaal.

Die meisiesspan, Lalique Broxham, Amoné Frasier, Zané Jonker, Jandri Coetzee en Ané Duncan, wat bestaan uit atlete van verskeie ouderdomsgroepe het ‘n eerste plek in die Spoedaflos behaal.

Die seunsspan, Kwanele Nkambule, Siyabonga Nkosi, Mandla Msibi, Thomas Labuschagne en Carl Scheepers het ‘n tweede plek in die spoedaflos behaal. Kwanele Nkambule en Martin Meyer het tweede geëindig in hulle 2x200m-item. Die Liggies het besondere prestasies opgelewer en Ligbron is voorwaar trots op hierdie pragtige prestasies.

Foto: Die meisiesspan, Lalique Broxham, Amoné Frasier, Zané Jonker, Jandri Coetzee en Ané Duncan, wat bestaan uit atlete van verskeie ouderdomsgroepe, het ‘n eerste plek in die Spoedaflos behaal.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal