Die aflos-spanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het op Woensdag, 6 Februarie aan ‘n Aflosbyeenkoms deelgeneem wat by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier aangebied was. Verskeie hoërskole en laerskole se aflos-spanne het aan hierdie byeenkoms deelgeneem.
Die volgende Hoërskole het die dag bygewoon: Ligbron, Hoërskool Rob Ferreira, Penryn College, Hoërskool Sybrand van Niekerk, Lowveld High, Hoërskool Lydenburg en Hoërskool Barberton.
Die Liggies het die volgende prestasies opgelewer: Zané Jonker en Jandri Coetzee het die record van die 2x200m o/17 dogters met 2 sekondes verbeter, alhoewel hulle in die tweede plek behaal het. Zané het ook haar 100m lopie gewen.
Wijeon Mostert en Thomas Labuschagne het albei ‘n 2de plek verower in hulle100m lopies. Kwanele Nkambule, Martin Meyer, Monteo Meyer en Lutando Mndebele (o/16) het ‘n 2de in hulle aflos-item behaal.
Die meisiesspan, Lalique Broxham, Amoné Frasier, Zané Jonker, Jandri Coetzee en Ané Duncan, wat bestaan uit atlete van verskeie ouderdomsgroepe het ‘n eerste plek in die Spoedaflos behaal.
Die seunsspan, Kwanele Nkambule, Siyabonga Nkosi, Mandla Msibi, Thomas Labuschagne en Carl Scheepers het ‘n tweede plek in die spoedaflos behaal. Kwanele Nkambule en Martin Meyer het tweede geëindig in hulle 2x200m-item. Die Liggies het besondere prestasies opgelewer en Ligbron is voorwaar trots op hierdie pragtige prestasies.
Foto: Die meisiesspan, Lalique Broxham, Amoné Frasier, Zané Jonker, Jandri Coetzee en Ané Duncan, wat bestaan uit atlete van verskeie ouderdomsgroepe, het ‘n eerste plek in die Spoedaflos behaal.