)

Ligbron vs Bergvlam T20 krieket

Die T20 krieketspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie en Hoƫrskool Bergvlam het op Woensdag, 6 Februarie in een van die Coke T20 -wedstryde te staan gekom.

Ligbron verloor die loot en word ingestuur om eerste te kolf.

Ligbron verloor hul eerste paaltjie met die telling op 4 lopies. Met ā€˜n kolfblad wat aan die begin moeilik speel, verloor die Liggies hul 6de paaltjie in die 14de boulbeurt met slegs 77 lopies op die telbord. Aldo Myburgh (33 lopies) en Hendrico Jooste (31 lopies) skop vas om sodoende ā€˜n totaal van 131 lopies daar te stel.

Brandwag gaan kolf en verloor hul eerste paaltjie op geen lopies, maar kolf goed voort en verloor hul 4de paaltjie op 103 lopies. Hul eindig op 115 lopies vir die verlies van 7 paaltjies. Goeie boulwerk kom van: Mark Niebuhr- 2 paaltjies vir 11 lopies in 4 boulbeurte; Sias Jacobz- 2 paaltjies vir 10 lopies in 3 boulbeurte en Hendrico Jooste- 1 paaltjie vir 7 lopies in 2 boulbeurte.

Ligbron Akademie wen die wedstryd met 16 lopies en eindig eerste in die Mpumalanga T20 Plaat Kompetisie.

Die Liggies speel op 23 Februarie in die Mpumalanga T20 semi- finaal.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal