Op Saterdag, 9 Februarie, het die hengel se eerste skoleliga plaasgevind by Chrissiesmeer. Daar het nege Hoërskole en 14 spanne deel geneem.
Uit die 84 hengelaars het die ses seuns van Hoërskool Ermelo uitgestaan bo die res: Rico Jordan, Jake Hoffeldt, Zander de Beer, Charles Randell, Willie Boshoff en Altus Boshoff.
Na ‘n moeilike dag met ‘n onaangename oostewind, het Hoërskool Ermelo ‘n eerste plek verower.
Baie geluk aan die hengelaars.
EHS is trots op julle.
Foto bo: Me. Katrien Jordan, Altus Boshoff, Mnr. Colin Jordan, Jake Hoffeldt, Rico Jordan, Zander de Beer, Charles Randell en Willie Boshoff.