)

Liggies geniet Movie Premiere Valentynsbal

Die leerlinge van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het Woensdag, 14 Februarie 2018, hul jaarlikse Valentynsbal geniet.  Vanjaar se tema was Movie Premiere en die saal was pragtig volgens die tema versier met goue sterre wat orals van die dak af gehang het.

Die leerders is bederf met springmielies, slush puppies en ‘n heerlike boksie vol vingeretes.  Tydens die aand is daar ook ‘n junior- en senior Mnr. en Mej. Valentyn aangewys.

Baie geluk aan Liam Kitchenmaster en Prajna Bhika wat aangewys is as die junior Mnr. en Mej. Valentyn en Chris Willemse en Amoré Wolmarans wat aangewys is as die senior Mnr. en Mej. Valentyn.  Hulle is ook elkeen bederf met ‘n pragtige opgemaakte geskenkpakkie.

Die leerders wat die aand bygewoon het, het hulself gate uit geniet en heerlik gedans totdat die laaste liedjie gespeel het.

Op die foto bo:

Die junior- en senior Mnr. en Mej. Valentyn staan (v.l.n.r.):  Liam Kitchenmaster, Prajna Bhika, Amoré Wolmarans en Chris Willemse.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal