Die leerlinge van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het Woensdag, 14 Februarie 2018, hul jaarlikse Valentynsbal geniet. Vanjaar se tema was Movie Premiere en die saal was pragtig volgens die tema versier met goue sterre wat orals van die dak af gehang het.
Die leerders is bederf met springmielies, slush puppies en ‘n heerlike boksie vol vingeretes. Tydens die aand is daar ook ‘n junior- en senior Mnr. en Mej. Valentyn aangewys.
Baie geluk aan Liam Kitchenmaster en Prajna Bhika wat aangewys is as die junior Mnr. en Mej. Valentyn en Chris Willemse en Amoré Wolmarans wat aangewys is as die senior Mnr. en Mej. Valentyn. Hulle is ook elkeen bederf met ‘n pragtige opgemaakte geskenkpakkie.
Die leerders wat die aand bygewoon het, het hulself gate uit geniet en heerlik gedans totdat die laaste liedjie gespeel het.
Op die foto bo:
Die junior- en senior Mnr. en Mej. Valentyn staan (v.l.n.r.): Liam Kitchenmaster, Prajna Bhika, Amoré Wolmarans en Chris Willemse.