Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Donderdag, 15 Februarie 2018, deelgeneem aan die Mpumalanga T20 finale wat in Emalahleni plaasgevind het. Drie skole se eerste krieketspanne neem deel aan die uitspele: Ligbron, Lydenburg en Cambridge.
In die eerste wedstryd van die dag speel Ligbron teen Cambridge en verloor die Liggies hul wedstryd met 11 lopies. Ligbron speel daarna teen Lydenburg wat ook 2017 se T20 kampioene was, en verloor Ligbron met 88 lopies. Ebrahim Timol was die uitblinker met die kolf met ‘n spoggerige 31 lopies.
Die beste bowler vir die dag was JP Austin met 2 paaltjies vir 20 lopies. Ligbron eindig algeheel 3de in die Mpumalanga T20 en wen daarmee R5000 wat deur die Mpumalanga Krieket Unie geborg word. Baie geluk Liggies.
Op die foto heel bo:
Agter staan (v.l.n.r.):Mark Niebuhr, Hanco Bakker, Nicky Broodryk (afrigter), Ebrahim Timol en JP Austin. In die middel sit (v.l.n.r.): Ruben Herbst, Hendrico Jooste, Braam Moolman en Sifiso Manana.       Voor sit (v.l.n.r.): Hardu Prinsloo, MJ Myburgh, Ntuthuko Phiri en Aldo Myburgh.