Die koor van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het Donderdagaand, 24 Mei 2018, ‘n sprokiesagtige Wintersbal in die Ligbron skoolsaal aangebied. Daar was heerlike kerrie en rys om te geniet, asook warm sjokolade en iets soets om aan te smul. Die snerpende aandlig het nie die Liggies gekeer om van die aand ‘n reuse sukses te maak nie. Die leerders het nie vir ‘n oomblik stil gesit nie en die dansbaan was met elke liedjie propvol paartjies wat behoorlik gesokkie het. Die aand het soveel aandag geniet dat daar nou besluit word om die Wintersbal as ‘n jaarlikse instelling op die Liggie kalender aan te teken.