Drie van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se atlete het Mpumalanga kleure verwerf en kwalifiseer om aan die Landloop Interprovinsiaal te gaan deelneem wat op 16 Junie 2018 in Zeerust sal plaasvind. Baie geluk Wandile Makhanya (o/14), Kemaine Venter (o/17) en Annika Jacobsz (o/19). Die Liggies is trots op julle.
Op foto bo v.l.n.r: Annika Jacobsz, Wandile Makhanya en Kemaine Venter.