Van die Liggies wat deur dring na die Nasionale Finaal van die Radikale Redenaarskompetisie.
Verskeie leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 17 Augustus, aan die Mpumalanga Finale van die Radikale Redenaarskompetisie deelgeneem wat in Witbank plaasgevind het. Na afloop van die finaal dring 14 van Ligbron se items deur na die Nasionale Radikale Redenaars wat op 12 Oktober in Pretoria sal plaasvind.
Baie sterkte aan elkeen van hierdie leerders.
Mag julle die vrugte van julle harde werk pluk.