Masibulele Mndebele o/17
Die aflos-spanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het op Woensdag, 5 Februarie aan ‘n aflosbyeenkoms deelgeneem wat by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier aangebied is. Verskeie hoërskole en laerskole se aflosspanne het aan hierdie byeenkoms deelgeneem. Die Liggies het die volgende prestasies opgelewer:
5 Eerste plekke, 16 tweede plekke, 9 derde plekke en 5 vierde plekke.
Op Saterdag, 8 Februarie, het Ligbron se atletiekspan aan die Puma Atletiekbyeenkoms deelgeneem wat by Hoërskool Nelspruit plaasgevind het. Ligbron se atlete het baie goeie prestasies vir die dag opgelewer met goeie voorbereiding vir die Interhoër Byeenkoms wat op Saterdag, 15 Februarie, by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier aangebied sal word.
Ligbron het die volgende plekke behaal: 14 eerste plekke, 9 tweede plekke, 14 derde plekke, 11 vierde plekke en 8 vyfde plekke. Baie geluk aan elke Liggie met julle besondere prestasies. Mag julle die vrugte van julle harde werk tydens die Interhoër Byeenkoms afwerp.