Die leerlinge van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het Donderdag, 13 Februarie, hul jaarlikse Valentynsbal geniet.
Vanjaar se tema was Grease en die saal was pragtig volgens die tema versier. Die leerders het almal baie moeite met hulle uitrustings gedoen en dit het beslis gevoel of ons weer terug in die 50’s is. Die leerders wat die aand bygewoon het, het hulself gate uit geniet en heerlik gedans totdat die laaste liedjie gespeel het. Baie dankie aan die graad 11 groep en voogde wat soveel moeite met hierdie spesiale aand gedoen het.