Agt leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 8 Februarie, aan ‘n skole-hengelkompetisie deelgeneem wat by Randall Ranch plaasgevind het. 64 Hengelaars het deelgeneem vanuit die onderskeie skole: Ligbron, Hoërskool Ermelo, Hoërskool Kriel, Hoërskool Balfour, Hoërskool Hoogenhout en Hoërskool Kanonkop. Een van die Liggie-hengelaars, Cathy Turner, het ‘n eerste plek in die dogters-afdeling behaal. Sy het ook ‘n algehele 3de plek uit al die hengelaars verower.
Baie geluk en sterkte met die res van julle seisoen!