)

Coke T20 reeks goeie voorbereiding vir Ligbron 1ste krieketspan

Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste krieketspan het op Woensdag, 5 Februarie, teen Hoƫrskool Middelburg te staan gekom in die tweede wedstryd van die COKE T20 reeks.

Hoƫrskool Middelburg kolf eerste en teken 196 lopies vir 5 paaltjies in hul toegelate 20 boulbeurte aan. Ligbron se boulers wat uitgestaan het was: Ruben Herbst wat 1 paaltjie vir 16 lopies in 4 boulbeurte neem, Stefan Prinsloo wat 1 paaltjie vir 14 lopies in 2 boulbeurte neem en Juan Paul Labuschagne wat ook 1 paaltjie vir 29 lopies in 2 boulbeurte geneem het.

Ligbron se kolwers is vanuit die staanspoor onder druk en teken 90 lopies vir die verlies van 8 paaltjies aan. Twee kolwers van Ligbron wat uitgestaan het was: Juan-Paul Labuschagne met 39 onoorwonne lopies en Hardu Prinsloo met 15 lopies.Ā  Ligbron se span dring deur na die T20 uitspele wat op Vrydag, 7 Februarie plaasgevind het. Die Liggies se opponente was HTS Middelburg.Ā  Die wedstryd het in Witbank op Cambridge College se velde plaasgevind. Ligbron wen die loot en besluit om eerste die kolfĀ  op te neem.Ā  Die Liggies teken 126 lopies vir die verlies van 7 paaltjies aan.Ā  Wynand Moolman was die beste kolwer met 33 lopies.

HTS Middelburg kolf daarnaĀ en teken 128 lopies vir die verlies van 9 paaltjies aan.Ā  Ligbron verloor dus die wedstryd met 1 paaltjie en met 3 balle oor in die wedstryd.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal