Vanjaar het die groentjies en VLR-lede van Ligbron Akademie vir Tegnologie gesorg vir hope skaterlag oomblikke tydens die jaarlikse Groentjieskonsert wat op Woensdag en Donderdagaand, 5 en 6 Februarie, in die skoolsaal aangebied was. Vanjaar se VLR-groep het hulle besonders goed van hulle taak gekwyt met interessante onderwerpe soos High School Musical, Grease, Star Wars, Peter Pan, Mamma Mia en Camp Rock. Ten spyte van min slaap en harde oefening was dit duidelik dat hierdie nuwe Graad 8 Liggies die groentjies konsert terdeë geniet het. Ligbron bedank graag elke Graad 8, VLR-lid, sowel as die ouers wat vanjaar se Groentjieskonsert bygewoon het. Dankie vir julle elkeen se opofferinge gedurende hierdie laaste paar weke. Julle het beslis die vrugte daarvan gepluk en ons as skool is met reg trots op julle.