Die jaarlikse Junior Redenaarskompetisie van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het op Donderdag, 11 April plaasgevind. Die redenaars het die gehoor behoorlik laat nadink oor aktuele onderwerpe en ook laat skater met hul skerp humorsin.
Die beoordelaars moes mooi dink om wenners tussen die uitstekende sprekers uit te lig en met een punt verskil tussen die top drie plekke, was die kompetisie beslis straf!
John Lloyd en Prajna Bhika eindig gesamentlik derde en Lohan Coetzee neem die tweede plek in. Zack Bosman oortuig een en almal dat geluk nie met geld gekoop word nie en stap met weg die trofee vir beste junior redenaar.
Foto: John Lloyd en Prajna Bhika (3de), Zack Bosman (1ste) en Lohan Coetzee (2de).