Chanté Boonstra, een van Hoërskool Ligbron in Ermelo se kranige gholfspelers, is namens dieMpumalanga Dames Gholfkomitee vir die vyfde keer gekies om Mpumalanga tydens die 72 Putjie Kampioenskappe te verteenwoordig.
Die kampioenskappe sal vanaf 20 tot 23 Mei 2018 by die Waterkloof Gholfklub plaasvind. Baie geluk met hierdie prestasie en sterkte met die kampioenskappe wat voorlê.