Baie geluk aan Henco du Bruynvan Ligbron Akademie vir Tegnologie wat na afloop van die ISF proewe in Gauteng, verkies is tot die SA Stoeispan. Henco sal saam met die res van die SA stoeiers, Suid-Afrika verteenwoordig by die ISF Combat Games, wat vanaf 16 tot 21 Junie in Boedapest sal plaasvind.