Nog Liggie-onderwysers vereer: Circuit Msukaliga 1 Prysuitdeling
Dit is vir Ligbron Akademie vir Tegnologie ‘n groot eer om vir nog drie van ons onderwyseresse geluk te wens met pragtige uitslae na afloop van die Circuit Msukaligwa 1 Prysuitdeling.
Dit het aan die lig gekom dat drie van die toekennings foutiewelik vir ander skole uitgedeel was. Die fout is reggestel en hiermee wens ons graag vir me. Magdeli Bosman en me. Carinda Durandt geluk met die toekennings as beste presterende onderwysers in Wetenskap, asook me. Lenerie Cilliers wat aangewys is as die beste presterende onderwyseres vir Biologie.
Dus het die Liggies nou 7 onderwyseresse wat as die beste presterende onderwyseres in hul onderskeie vakgebiede aangewys is.
Foto: Vlnr: Lenerie Cilliers, Magdeli Bosman en Carinda Durandt.