Ligbron Akademie vir Tegnologie het vanjaar ‘n totaal van 54 items ingeskryf vir die Radikale Fees Kompetisie.
Die Radikale Fees se items sluit in lees en redenaars. Tydens die Mpumalanga finaal wat op Saterdag, 25 Augustus, by Cambridge Academy in Witbank plaasgevind het, het daar 16 items deur gedring na die Nasionale finaal.
Tydens die uitdunne wat vroeër vanjaar plaasgevind het ‘n groep Liggies daarin geslaag op direk deur te dring na die Nasionale finaal.
Dus het Ligbron nou ‘n totaal van 17 items wat aan die Nasionale finaal sal deelneem wat op 18 Oktober sal plaasvind.
Die Liggies wat deurdring na die Radikale Nasionale Finaal staan voor (v.l.n.r.): Nicole Rodriques, Bianca Canada, Hannah Peer, Shraddha Agre, Lelani Davel, Amor van der Walt, Mohamed Ganie, Cara Bruwer, Leri-Gene Nel en Selaelo Phosa.
In die middle staan (v.l.n.r.): Prajna Bhika, Simone Stapelberg, Ammarah Arbee, Marezel Kriek, Michelle Potgieter, Conrad Viljoen, Megen Enslin en Schoeman Terblanche. Agter staan (v.l.n.r.): Lian Fourie, Wihan Roets, Daniel Korff