Verskeie atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het Saterdag, 10 Maart 2018 aan die Mpumalanga Atletiekkampioenskappe deelgeneem wat in Secunda plaasgevind het.
Twee van die Liggies se atlete, Sias Jacobs (o/15) en Martin Meyer (o/15), dring deur na SA’s wat vanaf 21 tot 24 Maart in Potchefstroom sal plaasvind. Martin het ‘n 4de plek in die 300m hekkies en 100m hekkies behaal en dring vir met sy 300m item deur na die SA’s, terwyl Sias Jacobs ‘n derde plek vir diskus en ‘n eerste plek vir gewigstoot, met ‘n afstand van 15.3m, spog.
Sias dring deur na die SA’s met sy gewigstoot item. Die Liggies is trots op julle en wens julle alle sterkte toe met die SA’s.
Op die foto bo:
Martin Meyer (links) en Sias Jacobs (regs)