)

Liggie-atlete behaal pragtige prestasies tydens vanjaar se Interhoër

Ligbron Akademie vir Tegnologie se atlete het Vrydag, 16 Februarie, deelgeneem aan die 2018 Hoëveld Uitnodigings Byeenkoms (Interhoër), wat deur Hoërskool Middelburg aangebied was.  Dit was ook die Hoëveld Uitnodigings Byeenkoms se 100ste bestaansjaar wat hierdie byeenkoms nog meer spesiaal gemaak het.

Die atlete van Ligbron, Hoërskool Middelburg, Hoërskool Ermelo, Hoërskool Rob Ferreira en Hoërskool Oosterland het gesorg vir ‘n hoë standaard byeenkoms met pragtige prestasies.  Ligbron se atlete het besonder goed presteer en die volgende atlete het eerste plekke op die Interhoër opgelewer: o/14- Kedo Mashego (hoogspring met 470 ASA punte), ; o/15- Carla Niebuhr (gewigstoot met 855 ASA punte en spiesgooi met 725 ASA punte), Sias Jacobs (gewigstoot met 784 ASA punte) en Siyabonga Ngomezulu (1500m met 653 ASA punte);  o/16- Megan Herbst (400m hekkies met 751 ASA punte, 100m hekkies met 790 ASA punte en 200m met 710 ASA punte; o/17- Marisca Stander (400m hekkies met 690 ASA punte en 100m hekkies met 686 ASA punte), Mikyla le Roux (diskus met 836 ASA punte en gewigstoot met 864 ASA punte), Charl du Toit (hoogspring met 610 ASA punte) en Alec Duncan (diskus met 517 ASA punte) en o/19- Njabulo Mahlobo (verspring met 614 ASA punte).

ATLETIEK INTERHOËRDie Liggies spog ook met 33 silver medaljes en 25 brons medaljes.  Ligbron o/17 seuns aflos-span het ‘n eerste plek behaal terwyl die dogters o/16 en o/17 albei die tweede plek ingeneem het en die o/14 dogters, o/14 seuns en die o/15 seuns derde plekke beklee het.  Ligbron se dogter het algeheel 4de geëindig, die seuns het algeheel 3de geëindig en Ligbron het in geheel die 4de plek beklee.  Die Liggies is ook baie trots op Megan Herbst en Alec Duncan wat ná afloop van die byeenkoms aangewys is as die senior Victor en Victrix Ludorum van die dag.

Ligbron is ook voorwaar trots op elke atleet wat elke middag hard geoefen het en die Liggies se naam so hoog gehou het tydens die Interhoër.  Baie dankie ook aan elke Liggie wat as sang-atleet saam gegaan het en saam met die pragtige dirigente die hele dag die atlete aangespoor het.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal