)

Erries oorwin by Interhoër!

Op Vrydag 16 Februarie 2018, het Hoërskool Ermelo saam met Hoërskool Rob Ferreira, Ligbron Akademie vir Tegnologie, Hoërskool Oosterland en Hoërskool Middelburg deelgeneem aan die Hoëveld Uitnodigingsbyeenkoms. Hierdie byeenkoms is vanjaar 100 jaar oud en is deur Hoërskool Middelburg aangebied.

Die Erries het die byeenkoms gewen met ‘n puntetotal van 746 wat 85 punte meer is as die tweede plek van Rob Ferreira. Die 113 Errie-atlete het hul baie goed van hul taak gekwyt met die 106 medaljes wat hul verower het: 43 goud, 32 silwer en 31 brons!

Die volgende atlete het trofeë ontvang:

Beste worpe (Dogter): Amy Greyling – Gewigstoot (D o/16) met ‘n rekord afstand van 12,68m en 902 ASA-punte

Beste Hekkies (Dogter):  Lana Heroldt – 90m-Hekkies (D o/15) in 14.26 sekondes en 819-ASA punte.

Beste Middel en Langafstand (Dogter): Caylin Loock – 3000m (D o/17) in 11 minute 30,42 sekondes en 770 ASA punte. Ten spyte van die feit dat dié dogter nou eers o/14 is, het sy deelgeneem saam met die D o/17!

Junior Victrix Ludorum: Lana Heroldt met ‘n totale ASA punt van 2985.

Die volgende wisseltrofeë is ook deur die Erries gewen:  Beste Dogterspan, Interhoër-wenspan

Die seuns het die eerste plek ongelukkig met ‘n skrale 18 punte gemis!

Met die aflosse het die Erries se o/19-Dogters gewen en die seuns behaal ‘n tweede plek. Verder het die Erries nog drie tweede plekke, een derde en twee vierde plekke behaal.

Baie geluk aan al die atlete wat hul persoonlike beste prestasie gelewer het. Dit getuig van harde werk en deursettingsvermoë!

Baie dankie aan elke Errie-atleet wat deelgeneem het, hard gewerk het en Errie-guts getoon het om ‘n plek te kry en só waardevolle punte vir die span verdien het.

Dankie aan al die afrigters wat in die kort seisoen tyd spandeer het om die atlete te help om uitstekend te presteer.

Groot waardering aan al die personeel wat beamptes of toeskouers was en al die ouers wat elke Saterdag so getrou ondersteun het. Alle eer gaan aan ons Vader wat vir ons hierdie besondere genadegawe gegee het om ons talente te kan beoefen!

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal