)

Ligbron word vereer tydens Circuit Msukaliga 1 Prysuitdeling

Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, is tydens die Circuit Msukaligwa 1 Prysuitdeling vereer vir 2018 se matriekuitslae. Ligbron het ‘n sertifikaat en trofee ontvang vir die beste presterende skool in 2018, asook ‘n trofee en sertifikaat vir 2018 se 100% slaagsyfer.

Verder het die volgende onderwysers ook sertifikate ontvang vir die beste presterende onderwyser in hulle onderskeie vakgebied. Vir Wiskunde het me. Lenie van Zyl en Me. Elsa van Zyl elk ‘n sertifikaat ontvang, vir Rekeningkunde het me. Elsa van der Schyff ‘n sertifikaat ontvang en vir Besigheidstudies het me. Leanda Coetzee ‘n sertifikaat ontvang.

Baie geluk aan hierdie vier onderwysers met julle pragtige prestasies tydens die 2018 matriek eindeksamen.

Foto: Ligbron se onderwysers wat tydens die Circuit Msukaliga 1 Prysuitdeling serifikate ontvang het vir die beste presterende onderwysers in hulle onderskeie vakgebiede.

Voor sit me. Elsa van der Schyff (links) en me. Lenie van Zyl (regs). Agter staan (v.l.n.r.): me. Leanda Coetzee, mnr. Dup van Rensburg en me. Elsa van Zyl.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal