Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, is tydens die Circuit Msukaligwa 1 Prysuitdeling vereer vir 2018 se matriekuitslae. Ligbron het ‘n sertifikaat en trofee ontvang vir die beste presterende skool in 2018, asook ‘n trofee en sertifikaat vir 2018 se 100% slaagsyfer.
Verder het die volgende onderwysers ook sertifikate ontvang vir die beste presterende onderwyser in hulle onderskeie vakgebied. Vir Wiskunde het me. Lenie van Zyl en Me. Elsa van Zyl elk ‘n sertifikaat ontvang, vir Rekeningkunde het me. Elsa van der Schyff ‘n sertifikaat ontvang en vir Besigheidstudies het me. Leanda Coetzee ‘n sertifikaat ontvang.
Baie geluk aan hierdie vier onderwysers met julle pragtige prestasies tydens die 2018 matriek eindeksamen.
Foto: Ligbron se onderwysers wat tydens die Circuit Msukaliga 1 Prysuitdeling serifikate ontvang het vir die beste presterende onderwysers in hulle onderskeie vakgebiede.
Voor sit me. Elsa van der Schyff (links) en me. Lenie van Zyl (regs). Agter staan (v.l.n.r.): me. Leanda Coetzee, mnr. Dup van Rensburg en me. Elsa van Zyl.