)

Ligbron en Tuine sê mekaar die stryd aan

Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo,het die Superreeks afgeskop met die eerste wedstryde van die seisoen op Saterdag, 2 Maart, by Hoërskool Tuine in Pretoria. Die Liggies het ‘n besondere dag op die veld beleef en het die dag met prag-tellings afgesluit. Die rugbyspanne het vir groot opwinding gesorg met uitblink-rugby.

Die rugbyspanne het die volgende uitslae opgelewer: o/14A wen 39-5, o/14B wen 50-0, Nashua Highveld o/15A wen 17-0, o/16A wen 27-3, o/16B wen 29-0, 3de span wen 20-0, 2de span verloor 10-13 en die Calstar Group eerstespan wen 57-5.

Die netbalspanne begin die seisoen op goeie dreef en hulle tellings is as volg: o/14A wen 20-3, o/14B wen 15-4, o/15A wen 10-9, o/15B verloor 5-7, o/16A wen 17-8, o/16B wen 14-4, o/17 wen 13-10, 2de span wen 26-5 en die 1ste span wen 24-10.

Die hokkiespanne wen al hul wedstryde oortuigend met die volgende tellings: o/14 wen 17-0, o/15 wen 10-0, o/16 wen 8-0, 2de span wen 2-0 en die 1ste span wen 11-0. Ligbron sal op Saterdag, 9 Maart in Pretoria teen Hoërskool Wilgers te staan kom in die tweede Superreeks wedstryde vir die seisoen.

Foto bo: JP Louw (Calstar Group eerstespan)

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal