Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo,het die Superreeks afgeskop met die eerste wedstryde van die seisoen op Saterdag, 2 Maart, by Hoërskool Tuine in Pretoria. Die Liggies het ‘n besondere dag op die veld beleef en het die dag met prag-tellings afgesluit. Die rugbyspanne het vir groot opwinding gesorg met uitblink-rugby.
Die rugbyspanne het die volgende uitslae opgelewer: o/14A wen 39-5, o/14B wen 50-0, Nashua Highveld o/15A wen 17-0, o/16A wen 27-3, o/16B wen 29-0, 3de span wen 20-0, 2de span verloor 10-13 en die Calstar Group eerstespan wen 57-5.
Die netbalspanne begin die seisoen op goeie dreef en hulle tellings is as volg: o/14A wen 20-3, o/14B wen 15-4, o/15A wen 10-9, o/15B verloor 5-7, o/16A wen 17-8, o/16B wen 14-4, o/17 wen 13-10, 2de span wen 26-5 en die 1ste span wen 24-10.
Die hokkiespanne wen al hul wedstryde oortuigend met die volgende tellings: o/14 wen 17-0, o/15 wen 10-0, o/16 wen 8-0, 2de span wen 2-0 en die 1ste span wen 11-0. Ligbron sal op Saterdag, 9 Maart in Pretoria teen Hoërskool Wilgers te staan kom in die tweede Superreeks wedstryde vir die seisoen.
Foto bo: JP Louw (Calstar Group eerstespan)