Die Skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Donderdag en Vrydag, 21 en 22 Februarie aan die Prysskiet 1 kompetisie deelgeneem wat by Hoërskool Ermelo plaasgevind het. Die Liggies het die volgende plekke behaal (al die tellings is die skut se punt uit 1600 punte).
In die o/14-afdeling het 40 skuts deelgeneem en die Liggies het die volgende plekke behaal: Elsabe van der Spuy (7de) met 1131 punte, Hugo Engelbrecht (16de) met 978 punte, Dewald Müller (23ste) met 938 punte, SJ van Eck (29ste) met 907 punte en Cobus Pretorius (36ste) met 843 punte.
In die o/16-afdeling was daar 62 skuts en het die Liggies die volgende plekke behaal: Sumé Snyman (4de) met 1348 punte, Gerhard Botma (14de) met 1292 punte, Ernst Botha (16de) met 1281 punte, Roeland Minnaar (33ste) met 1117 punte, Morné van Aswegen (42ste) met 1038 punte, Pieter van Aardt (53ste) met 847 punte en Beverley Kirsten (58ste) met 798 punte. By die o/21-afdeling het 44 skuts deelgeneem het en Hanro van der Spuy was 5de met 1405 punte.
Ligbron se twee skuts wat albei onder die eerste 10 plekke in hulle onderskeie ouderdomsgroep geëindig het is: Elsabé van der Spuy (7de) en Sumé Snyman (4de).