Die rugby- en hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het Saterdag, 4 Mei, teen HTS Witbank op Witbank se velde te staan gekom as deel van die liga-wedstryde. Die Blou Masjien het vir niks terug gestaan nie met al Ligbron se rugbyspanne wat hulle wedstryde oortuigend gewen het.
Die Calstar Group Eerstespan het hulle teenstaanders laat les opsê toe hulle die wedstryd met 50-19 beklink het. Die res van die spanne se uitslae was soos volg: die tweedespan het met 24-14 gewen, die derdespan het met 15-12 gewen, die Computer Connection o/16A’s het 73-0 gewen, o/16B’s het 63-0 gewen, die Nashua Highveld o/15A’s het 17-12 gewen, o/15B het 21-10 gewen, o/14A het 38-7 gewen en die o/14B’s het met 51-5 gewen.
Ligbron se hokkiespanne het strawwe kompetisie aanskou met tellings wat baie na aan mekaar is. Die Eerstespan het net-net met 1-2 verloor, die tweedespan het 1-0 gewen, o16’s wen 1-0, o/15’s speel gelykop met 1 doel elk en die o/14’s het 2-0 gewen.
Ligbron sal eerskomende Saterdag, 11 Mei, teen Hoërskool Rob Ferreira op Ligbron se velde speel.