)

Ligbron gholfspanne skop liga af

Die jaarlikse Mpumalanga Gholf liga het Vrydag 03 Mei op Hoërskool Piet Retief se gholfbaan afgeskop. Vyf skole neem aan die liga deel nl. Hoërskool Volksrust, Bethal, Hoërskool Piet Retief, Hoërskool Ermelo en Ligbron Akademie.

Die eerste dag se uitslae is as volg: A-liga: Ligbron gesamentlik in die 2de plek saam met Piet Retief en Volksrust met 33 punte; B-liga: Ligbron eerste met 60 punte en C-liga: Ligbron tweede met 43 punte.

Die kompetisie is baie goed en die skole se spelers se spel is puik. Ons is baie trots op ons jong kranige gholfers. Ligbron is dus na die 1ste rondte in die volgende plekke: A-liga gesamentlik tweede, B-liga eerste en C – liga tweede.

Ligbron se gholfspanne sal eerskomende Vrydag, 10 Mei, op Ermelo se gholfbane aan die tweede ligawedstryde deelneem.

Foto: Ligbron se A-gholfspan en hul afrigters staan (v.l.n.r.) Sheldon du Preez (afrigter), Leon du Preez (kaptein), Wynand Moolman, Weldon Strydom, Henno Terblanche en Herman Schlebusch (organiseerder).

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal