Die jaarlikse Mpumalanga Gholf liga het Vrydag 03 Mei op Hoërskool Piet Retief se gholfbaan afgeskop. Vyf skole neem aan die liga deel nl. Hoërskool Volksrust, Bethal, Hoërskool Piet Retief, Hoërskool Ermelo en Ligbron Akademie.
Die eerste dag se uitslae is as volg: A-liga: Ligbron gesamentlik in die 2de plek saam met Piet Retief en Volksrust met 33 punte; B-liga: Ligbron eerste met 60 punte en C-liga: Ligbron tweede met 43 punte.
Die kompetisie is baie goed en die skole se spelers se spel is puik. Ons is baie trots op ons jong kranige gholfers. Ligbron is dus na die 1ste rondte in die volgende plekke: A-liga gesamentlik tweede, B-liga eerste en C – liga tweede.
Ligbron se gholfspanne sal eerskomende Vrydag, 10 Mei, op Ermelo se gholfbane aan die tweede ligawedstryde deelneem.
Foto: Ligbron se A-gholfspan en hul afrigters staan (v.l.n.r.) Sheldon du Preez (afrigter), Leon du Preez (kaptein), Wynand Moolman, Weldon Strydom, Henno Terblanche en Herman Schlebusch (organiseerder).