)

Ligbron wintersportspanne gereed vir uitspele

Die hokkie- en rugbyspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het op Saterdag, 26 Mei 2018, vir die laaste ligawedstryde voor die uitspele, teen HTS Witbank op Ligbron se velde te staan gekom. Die rugbyspanne het vir uitstekende rugby gesorg en dit was eens dat al die toeskouers die Liggies se rugby terdeë geniet het. Die Calstar Group Eerstespan het binne die eerste minuut reeds agter die pale gaan kuier vir hulle eerste van vele drieë. Die eerstespan het ‘n totaal van 11 drieë gedruk en nege van die drieë verdoel. HTS Witbank se span kon slegs daarin slaag om een drie te druk en te verdoel. Die Ligbron Calstar Group Eerstespan het aan die einde van die wedstryd as oorwinnaars van die veld af gestap met ‘n prag-telling van 73-7. Die eerstespan sal eerskomende Saterdag teen Hoërskool Ermelo in die kwartfinaal te staan kom. Ligbron se B-spanne sal eerskomende Saterdag, 2 Junie, in Lydenburg aan die halfeindstryd deelneem, terwyl die A-spanne in die kwartfinaal sal deelneem. Die res van die rugbyspanne se uitslae is soos volg:  o/14A wen 10-7 en sal teen Hoërskool Lydenburg speel, o/14B wen 36-7 en speel teen Hoërskool Piet Retief, Computer Connection o/15A wen 73-0 en speel teen Hoërskool Lydenburg, o/15B wen 43-0 en speel teen Hoërskool Piet Retief, o/16A verloor 19-33 en speel teen Hoërskool Secunda, o/16B verloor 12-29, derdes wen 40-0 en speel teen Hoërskool Piet Retief en die tweedes wen 62-0 en speel teen Hoërskool Secunda.

Ligbron se hokkiespanne het harde bene gekou teen HTS Witbank se spanne met slegs die tweede- en eerstespanne wat hulle wedstryde gewen het. Die hokkiespanne sal later in die week weet teen wie hulle sal speel tydens die uitspele wat op Saterdag, 9 Junie, sal plaasvind. Die hokkiespanne se uitslae was as volg: die eerstes wen 3-0, tweedes wen 1-0, o/16A verloor 1-3, o/16B verloor 0-2, o/15 verloor 0-2 en die o/14’s verloor 0-5.

Baie sterkte aan al die Ligbron spanne met die uitspeelwedstryde wat voorlê. Hou gerus die Liggies se Facebookblad dop vir die onderskeie programme van die uitspele.

Foto bo:  Mark Niebuhr

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal