)

Ligbron Opedae sorg vir vele opwinding

Ongeveer 500 Gr.7-leerders van Ermelo en omliggende dorpe het op Donderdag en Vrydag, 24 en 25 Mei 2018, by Ligbron Akademie vir Tegnologie bymekaar gekom vir die Liggies se jaarlikse Opedae. Vanjaar se tema was Karnaval en dit was vir die Liggies ‘n trotse oomblik om ons pragtige skool vir al die graad 7’s te wys, en hulle ook meer in te lig oor alles wat Ligbron hulle gedurende hul hoërskool-loopbaan kan bied. Die Gr.7’s is met ‘n erewag verwelkom waarna hulle na die saal beweeg het. In die saal het die leerders die geleentheid gekry om deur middel van ‘n video en verskeie foto’s te sien wat op ‘n daaglikse en jaarlikse basis by Ligbron gebeur. Daarna is die leerders in verskeie groepe verdeel en het hulle in groepverband deur die skool en klasse beweeg. Soos gewoonlik, het die eksperimente in die Wetenskap- en Lewenswetenskap klasse, sowel as die Studente Sentrum en die Tegniese Werkswinkel die meeste aandag geniet. Elke Gr.7 het ook die geleentheid gekry om op die Astro Hokkiebaan ‘n paar balle te slaan, waarna hulle ‘n draai in die Eerstespan Spankamer gemaak het voordat hulle middagete geniet het. Vanjaar se Gr.7’s was op die rugbyveld vermaak met verskeie springkasteel water glybane, asook ‘n ysskaatsbaan wat vir groot opwinding gesorg het. Dit was vir Ligbron ‘n groot voorreg om hierdie leerders by die skool te ontvang en om hulle vir ‘n dag te laat voel het hoe dit sou voel om ‘n ware Liggie te wees.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal