Die tweede dogters hokkiespan van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 8 Junie, aan die Mpumalanga uitspele vir B- en tweedespanne gespeel wat in Volksrust plaasgevind het.
Die Liggies speel gelykop met 1 elk teen Hoërskool Middelburg en wen HTS Witbank met 2-1. Die tweedespan sal na die vakansie aan die volgende ronde uitspele deelneem.
Baie geluk met julle pragtige uitslae!
Foto: Ligbron se tweede dogters hokkiespan na afloop van die eerste rondte van die Mpumalanga hokkie uitspele vir B- en tweedespanne.