Emil van der Walt (graad12) van Hoërskool Jan van Riebeeck, Kaapstad, het die seniorbeker by Vrydagaand se UCT-prysuitdelingsfunksie verower met ‘n uitsonderlike driekuns.
Hy het 100% vir al drie rondtes behaal. Meer as 7 500 hoërskoolleerders uit sowat 160 verskillende skole neem deel aan die eerste rondte.
Daarna word die top studente na die UCT Challenge uitgenooi en ’n handvol dring deur na die UCT Olympiad.
Hoërskool Jan van Riebeeck het hierdie jaar baie goed presteer en onder die Top 20 skole met hul uitslae geëindig.