Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se Top 10 leerders van elke graad is op Vrydag, 3 Augustus, beloon vir hulle harde werk gedurende die afgelope kwartaal. Die leerders het die dag by Gold Reef City in Johannesburg spandeer. Hulle het ook elkeen ‘n heerlike middagete saam geniet het. Die leerders bedank graag vir Juffrou Lenie van Zyl en mnr. Herman Schlebusch wat hulle op die uitstappie geneem het.
Foto:
Ligbron se Top 10 leerders van elke graad kort voor hulle op hul bederf-uitstappie na Gold Reef City vertrek het.