)

Ligbron seuns krieketspanne wys hul staal

Die krieketspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het ‘n besige week agter die blad met verskeie spanne wat wedstryde gespeel het.

Die o/14’a het op Maandag, 20 Augustus, tuis teen Hoërskool Piet Retief te staan gekom. Die Liggies wen die loot en stuur Piet Retief in om eerste te kolf. Piet Retief teken 116 lopies aan. Die Liggies neem die kolf op en teken 117 lopies vir 2 paaltjies in 14 boulbeurte aan. Ligbron wen met 8 paaltjies.

Ligbron se 2de krieketspan het Maandag in Secunda teen Curro Secunda te staan gekom. Ligbron kolf eerste en teken 188 lopies vir 5paaltjies in 20 boulbeurte aan. Hendrico Jooste blink uit met 66 lopies. Ligbron beperk Curro Secunda tot 66 lopies vir 7 paaltjies in 20 boulbeurte met Pierre van Zyl wat uitblink met 4 paaltjies vir 11 lopies in 4 boulbeurte.

Die 2de span wen met 122 lopies. Saterdag, 25 Augustus het die eerste krieketspan tuis teen Emba se eerstespan gespeel. Ligbron kolf eerste en teken 123 lopies vir 10 paaltjies in 29 boulbeurte aan. Charl du Toit blink uit met 28 lopies. Emba kolf en teken 71 lopies vir 10 paaltjies in 23.4 boulbeurte aan.

Ligbron wen die wedstryd met 52 lopies. Die Liggies se tweedespan het Saterdag in Standerton teen Hoërskool Standerton se tweedespan gespeel. Standerton kolf eerste en teken 121 lopies vir 7 paaltjies in 20 boulbeurte aan met Hanru Botha wat 3 paaltjies vir 19 lopies in 4 boulbeurte geneem het. Ligbron kolf en maak 123 lopies vir 5 paaltjies in 16.5 boulbeurte.

Hendrico Jooste teken 40 lopies aan.

Ligbron wen met 5 paaltjies.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal